Want Afrikaans is lekker!

Hulp

Wat is 'n potgooi?

'n Potgooi is 'n radio program wat oor die internet gewoonlik in 'n MP3 leer versprei word. Wat dit beteken is dat daar ouens soos ek en jy is wat gereelde "radio shows" maak, en dit oor die internet versprei. Dis so maklik om na 'n potgooi te luister. Jy kan na die potgooi se website toe gaan, die MP3 leer download, en hom sommer op jou PC luister.

Maar ek het nie 'n iPod nie!

Wie't vir jou gese jy het 'n iPod nodig? In teen deel... 'n iPod help om die potgooi saam met jou te vat as jy in die kar is, dalk gym toe gaan, of sommer net nie by die huis wil wees nie. Omdat 'n potgooi net 'n MP3 leer is, kan jy die potgooi op jou rekenaar luister, na 'n CD toe brand en in enige CD speler speel, of, na 'n iPod toe kopieer.

Nou wat is 'n RSS feed?

'n RSS feed ()is 'n internet link wat jy in 'n program soos iTunes kan insit, wat dan outomaties 'n nuwe potgooi vir jou sal aflaai sodra dit beskikbaar is! Jy het nie nodig om die website te besoek om te sien of nuwe inhoud beskikbaar is nie. iTunes kan dit sommer vir jou doen!

Hoe laai ek 'n potgooi af?

Omdat 'n potgooi net 'n MP3 leer is, kan jy die leer sommer direk van die website aflaai, en op jou rekenaar luister. As jy dit outomaties wil doen, moet jy 'n program soos Juice of iTunes laai, en dit gebruik om die potgooi af te laai.

Hoekom moet ek 'n potvanger (podcatcher) installeer?

Jy het nie 'n potvanger nodig om potgooie te geniet nie, maar 'n potvanger laai die potgooie outomaties af sodra 'n nuwe een beskikbaar is. Dis nou waar die RSS feed in kom. Jou potvanger kan nie sonder hom werk nie.

Wat is die RSS icon op die hoof menu?

As jy op hoogte wil bly van al die Afrikaanse potgooie, het jy net nodig om die een RSS feed in jou potvanger by te voeg. Wanneer nuwe potgooie bykom, sal jou potvanger outomaties die nuutste potgooie aflaai.

Wat is OPML

OPML is 'n manier om die lys van potgooie in 'n XML formaat te stoor, sodat dit deur ander websites of programme gelees kan word. As jy 'n potvanger soos Juice gebruik, kan jy die OPML feed in sy gids lys in trek, en die gids direk in Juice sien.

Hoe sorteer jy die potgooie op die website?

Die nuutste episodes beskikbaar word bo aan die site gewys, so as jy 'n gereelde potgooier is, sal jou inhoud bo aan verskyn. Ons wys ook watter potgooie is in die laaste week gepubliseer, met die logotjie. Vir potgooie wat langer as 'n 100 dae laas op gedateer was, wys ons die icon.

Hoe maak ek my eie potgooi?

As jy so 250MB kan download, gaan ek voorstel dat jy my video leers aflaai wat jou presies sal wys hoe om 'n potgooi te maak.

Hoe kry ek my potgooi op die potgooi.com website?

Stuur my 'n email (phil@massyn.net) en stuur vir my jou RSS feed. Sodra jou feed bygevoeg is, sal die website jou RSS feed lees, en jou potgooi lys.

Hoekom is my potgooi se inligting snaaks op jou site?

Die website maak van 'n proses gebruik wat jou RSS feed lees. As daar 'n probleem met die inligting in jou RSS feed is, gaan die website die inligting verkeerd wys.

Ek wil graag jou site adverteer!

Om 'n link na potgooi.com op jou eie website in te sit, gebruik die volgende HTML kode in jou site...

<a href="http://www.potgooi.com"><img src="http://www.massyn.net/images/potgooi.com.png" border=0></a>
Dit sal die volgende wys :-

Tue Mar 9 22:25:25 2010
Design by Colombia Hosting
Geborg deur massyn.net.
Site Meter
.
Locations of visitors to this page